Jared Diamond | |
---|---|
Jared Diamond in London, Februarie 2013 | |
Gebore | Jared Mason Diamond 10 September 1937 |
Nasionaliteit | Verenigde State van Amerika |
Beroep | Wetenskaplike, geograaf, historikus, voëlkenner en skrywer |
Bekend vir | Guns, Germs, and Steel (1997), Collapse (2005) en Upheaval: How Nations Cope with Crisis and Change (2019) |
Jared Mason Diamond (gebore 10 September 1937) is 'n Amerikaanse geograaf, historikus, voëlkenner en skrywer wat veral bekend is vir sy gewilde wetenskaplike boeke The Third Chimpanzee (1991); Guns, Germs, and Steel (1997, bekroon met 'n Pulitzerprys); Collapse (2005), The World Until Yesterday (2012), en Upheaval (2019). Diamond is oorspronklik opgelei in biochemie en fisiologie,[1] dit is egter bekend dat hy 'n indiepte kennis het van 'n verskeidenheid velde, insluitend antropologie, ekologie, geografie en evolusionêre biologie. Hy is 'n professor in geografie aan die Universiteit van Kalifornië, Los Angeles (UCLA).[2]
In 2005 was Diamond die negende posisie gelys tydens 'n peiling deur die publikasies Prospect en Foreign Policy van die wêreld se voorste 100 openbare intellektuele.[3]